Oproep tot aksie

Jy sal sekerlik met my saamstem as ek sê dat goeie verhoudings met ander mense van kritiese belang is vir elkeen van ons. Is dit dan nie juis deur verhoudings met ander dat jy as mens jou vervulling in die lewe die beste beleef nie? Aan die anderkant, is een van die slegste dinge op aarde nie in eensaamheid geleë nie? Natuurlik is daar mense wat dit beter regkry as ander om alleen te kan regkom. Maar, selfs sulke mense het van tyd tot tyd behoefte aan die nabyheid van ander mense. Die mens is nie verniet 'n kuddewese nie. Daarom moet ons net weer kennis neem van die ou Afrika-segswyse (in Zulu "Ubuntu" genoem) wat lui: "'n Mens is mens deur ander mense".

Hierdie afhanklik-wees van en betrokke wees by die lewens van ander mense is eweneens waar vir die geloofsge-meenskap waarvan jy as gelowige deel is. Daarom is dit belangrik dat ons 'n slag met mekaar daaroor in gesprek tree. Waar kom dit vandaan en wat beteken dit? Kom kyk kortliks na die volgende opmerkings.

Die bron is gemeenskap met God

Waar kom die gedagte vandaan dat elke gelowige noodwendig deel uitmaak van 'n geloofsgemeenskap? Wanneer Paulus hieroor in Ef 3 aan die gelowiges in Efese skryf, dan sê hy die volgende:

“Daarom kniel ek in gebed voor die Vader aan wie die hele gemeenskap van gelowiges in die hemel en op die aarde sy bestaan te danke het...” (Ef 3:14-19)

Hierdie is een van daardie gelaaide Skrifgedeeltes wat mens eintlik 'n paar keer oor moet lees om die betekenis daarvan te kan begryp. Let op hoe al drie persone van God Drie-enig in die perikoop 'n rol speel. Die belangrikste is om raak te sien dat die geloofsgemeenskap sy oorsprong van God die Vader self ontvang het. Dit is dus nie deur die besluit van mense of die een of ander kerklike organisasie...

Geloofsgemeenskap met mekaar

In die volgende paar Skrifgedeeltes gebruik Paulus bogenoemde uitgangspunt...

“Aangesien julle die troos in Christus ondervind het, die aansporing deur die liefde, die gemeenskap deur die Gees...” (Fil 2:1-2)

In Ef 4 gee Paulus 'n verdere motivering hiervoor deur te sê:

“Hy is immers die hoof, en uit Hom groei die hele liggaam...” (Ef 4)

... Deur dus deel te vorm van die geloofsgemeenskap en gehoorsaam aan die Here jou diens te lewer, is dus nie 'n saak van vrye keuse nie...

Betrokkenheid in gemeente

Die tyd waarin ons leef word baie sterk gekenmerk deur die verskynsel van die postmodernisme...

  • Godgefokus
  • Skrif- en belydenisgedrewe
  • Diens- en verhoudingsgerig
  • Erkenning van diversiteit
  • Benutting van ons Godgegewe gawes
Nuutgedink oor kerkwees

As die geloofsgemeenskap dan lyk soos hierbo verduidelik is...

  • Die kerk is 'n familie en nie 'n organisasie nie
  • Dit gaan om mense en nie 'n plek nie
  • Die kerk is 'n gemeenskap wat aan mekaar verantwoording verskuldig is
  • Die kerk is gemeenskap en nie byeenkoms nie
  • Kerk is God se mense wat na die wêreld gestuur word
Kenmerke van so 'n geloofsgemeenskap
  • ‘n Gemeenskap van lof en aanbidding
  • ‘n Gemeenskap van waarheid
  • ‘n Gemeenskap wat oor ander mense besorg is
  • ‘n Gemeenskap wat lidmate vir priesterskap voorberei
  • ‘n Gemeenskap van hoop
  • ‘n Gemeenskap van onderlinge aanspreeklikheid